Digitale isiXhosa wiskundeprogram in skole geloots
’n Vennootskap tussen Matific, die Oos-Kaapse Departement van Onderwys en Click Learning stel ’n digitale isiXhosa-wiskundeprogram bekend om grondslaggeletterdheid in Suid-Afrika se klaskamers ‘n hupstoot te gee
Suid-Afrika se onderwysstelsel staar ’n ontwikkelende krisis in die gesig wanneer dit by grondslagslagfase-onderrig kom. Met slegs drie uit elke tien jong leerders wie op die standaard graadvlak kan lees, bly geletterdheidsuitdagings steeds ‘n kopseer. Dit word toenemend aan swak prestasie in vakke soos Wiskunde gekoppel. Dít is waar leesbegrip ’n deurslaggewende rol speel.
IsiXhosa is een van die mees gesproke huistale in Suid-Afrika en word deur ongeveer 16% tot 20% van leerders gebruik. Alhoewel presiese getalle verskil, is dit die taal wat miljoene kinders by die huis praat, veral in die Oos- en Wes-Kaap.
’n Nuwe inisiatief wat wiskunde-onderrig in isiXhosa in Oos-Kaapse klaskamers bied is dus bekend gestel. Dit bied konsepte in ‘n taal wat baie leerders die beste ken en om hul begrip van hierdie vak te verbeter.
Die program word geloots in vennootskap met Matific, ’n internasionale digitale wiskundeplatform, saam met die Oos-Kaapse Departement van Onderwys en Click Learning, ’n Suid-Afrikaanse niewinsorganisasie wat daarop fokus om grondslaggeletterdheid en syfervaardighede met onderrigtegnologie te verbeter.
Dit kombineer digitale inhoud wat by die kurrikulum inskakel, stemgeaktiveerde toeganklikheidskenmerke, en KI-ondersteunde infrastruktuur vir plaaslike gemeenskappe tesame met ’n gestruktureerde uitvoermodel wat vir die klaskamer ontwerp is.
Die isiXhosa-taal wat in die program gebruik word, is deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) goedgekeur. Dit verseker dat die program aan nasionale taalstandaarde voldoen.
Die program se bekendstelling skakel ook in by die land se fokus op veeltaligheid en Moedertaal-gebaseerde Tweetalige Onderwys (MTbBE), en het onlangs met ’n loodsprojek in gekose skole begin (April) met die doel om sy sukses te evauleer en aan te pas vóór dit in meer skole uitgevoer word.
“Suid-Afrika se benadering tot meer inklusiewe onderrig in skole is ’n uitstekende geleentheid om wiskundige vaardighede vroeg, op grondfase, te bevorder,” sê Craig Shotland,
Uitvoerende Hoof van Matific.
“Deur Matific in isiXhosa te bied en dit met die huidige kurrikulum in te skakel, kan ons meer leerders help om wiskundige konsepte in ‘n taal wat hulle die beste begryp beter te verstaan. Terselfdertyd kan ons vir onderwysers met gestruktureerde, data-gedrewe en tegnologiese hulpmiddels ondersteun.”
Hoe ’n plaaslike benadering vir meer skole kan help bevorder
Die isiXhosa-wiskundeprogram is op só ‘n manier ontwerp dat dit skole se kurrikulumbehoeftes komplementeer en op ‘n praktiese manier in regte klaskamers toegepas kan word.
Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys het die program se aktiwiteite in isiXhosa vertaal, verseker dat dit plaaslik van belang en gepas is vir die kurrikulum. Click Learning is verantwoordelik vir die projekstruktuur, tegnologiese infrastruktuur en om dit te evalueer.
Matific dra weer tot die loodsprojek by met sy digital onderrigplatform asook die infrastruktuur wat nodig is vir sy uitbreiding in nóg tale.
Dít bou voort op Matific se breedvoerige ervaring in Suid-Afrika en na aanloop van ’n vorige projek in drie provinsies met Click Learning se program.
“Wanneer dit by skoolkinders se leesvaardighede kom, is hierdie ’n belangrike stap vorentoe,” sê Dylan Harrison, Bedryfshoof van Click Learning. “Alhoewel baie leerders reeds in hul moedertaal onderrig word, is daar steeds baie min hoëgehalte en kurrikulumgepaste wiskunde-hulpmiddels in tale soos isiXhosa beskikbaar.
Verpersoonlike taaltegnologie wat leerders help om wiskunde op hul graadvlak te verstaan, kan die vak meer toeganklik en aanpasbaar maak.
Vir ons gaan dit nie net oor die hulpmiddel nie. Dit is belangrik hoe goed dit met ’n
gestruktureerde uitvoermodel werk, hoe dit binne die stelsel pas en of dit vir regte
klaskamers geskik is.”
Hoe KI-geaktiveerde onderwyser- en WhatsApp-ervarings vir onderrig buite klaskamers neem
Matific se KI-funksies maak dit makliker vir onderwysers om meer betrokke by leerders en hul gesinne te wees. Dit sluit gewilde platforms in soos WhatsApp.
Hoe ’n bevorderende model vir meertalige onderwys kan lyk
Met sy oog op die toekoms en die doel om onderwys meer toeganklik in leerders se moedertaal te maak, dui dié inisiatief op ’n geleentheid wat akademiese resultate uitsonderlik kan bevorder.
Alhoewel die huidige loodsprojek op isiXhosa gebaseer is, is die langtermynvisie om dit na meer tale uit te brei, en sodoende vir wiskunde meer toepasbaar en makliker verstaanbaar vir leerders te maak.
Vir meer inligting oor die loodsprojek, besoek www.matific.com.




