Negejarige se boereplan beïndruk by Nampo
Die sêding lui “‘n boer maak ‘n plan” en by Nampo-Oesdag het die boere weer daad by die woord gevoeg.
Die Boereplanne-kompetisie is vanjaar vir die 35ste keer aangebied en het groot aftrek onder deelnemers én besoekers geniet.
Boere kry hier die geleentheid om in vyf kategorieë te wys watter implemente, gereedskap en ander hulpmiddels hulle uitgedink het om probleme op die plaas mee op te los.
Source: eNuus