Resepte: Koffie-Cola Hoendervlerkies

Die is ‘n vinger aflek lekkerte, jy sal verbaas wees hoe die koffie; Coca-cola en Soya mekaar komplimenteer

1.5 tot 2 kg hoendervlerkies
1 eetlepel. gemaalde swart peper
1 klein ui fyn gekapte
2 duim grootte stuk vars gemmer – geskil en in skyfies gesny
5 knoffeltoontjies – geskil en gekneus
2 el sojasous
1 blikkie coca-cola
1 el kits koffiepoeier
3 el olyf olie
sout na smaak

So gemaak:
Sny vlerkies se skerp voorpunt gedeelte af indien as hulle nie reeds is nie.
Plaas in mengbak, sprinkel met swartpeper en vryf goed in
Verhit olyfolie in groot pan
Voeg uie, gemmer en knoffel by roerbraai vinnig tot uie effe sag is
Plaas hoendervlerkies by en braai alles lekker saam tot hoendervlerkies goudbruin is aan albei kante
Voeg sout na smaak by
Gooi coca-cola oor en roer deur, bring tot kookpunt en prut 5 min
Voeg sojasous by en kook vir 10 min
Voeg kits koffiepoeer by en prut oor medium hitte totdat die sous min raak en dik word (hou dop dat dit nie aanbrand nie).

Sit dadelik voor. Bedien met lekker vars broodrolletjies, kraakvars groen slaai.

By boerekos.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *