Loonverhogings vir huishulpe en plaasarbeiders
Op 1 Maart 2023 het die lone van huishulpe en plaasarbeiders met 9.6% gestyg. Die aankondig-ing is onlangs gemaak deur die Minister van Werkskepping en Ar-beid Thulas Nxesi.
Die persentasieverhoging beteken ʼn loontarief van R25.42 per uur vir plaas-arbeiders en huishulpe, terwyl werkers van die uitgebreide openbare werke-program (EPWP) R13.97 per uur sal ver-dien.
Die skoonmaak-sektor in metropo-litaanse gebiede sal R27.97 per uur verdien en die res van die land R25.50 per uur.
Lone vir arbeiders
Indien ʼn huishulp of plaas-arbeider R25.42 per uur verdien en agt ure per dag vir vyf dae van die week werk, moet hulle R1 016.80 per week betaal word.
In ʼn maand van 20 werksdae moet werkers R4 067.20 ontvang.
Diegene werksaam by die EPWP wat R13.97 per uur verdien, moet R558.80 per week betaal word en R2 235 per maand wanneer hulle agt ure per dag vir 20 dae werk.
“Die Wet op Nasionale Minimum Loon het ten doel om lae-inkomste werknemers in Suid-Afrika te beskerm. Hierdie noe-menswaardige verhoging sal 892 000 huishulpe en 800 000 plaasarbeiders begunstig,” het die minis-ter in ʼn verklaring gesê.